SA Times Online

Hanneke

 

Blog Archive List

Klein Karoo op ’n Vrydagaand in London

Bookmark and Share
Hanneke
Publish Date: 23 July 2009 02:00PM
Article history
2 comments

Terwyl ek vir die meisietjie agter die toonbank wag om my kaartjies op te spoor, hoor ek die dame langs my hoflik beswaar maak oor die taal van die toneelstuk. Ek giggel in my mou en wandel kroeg toe met 'n breë bors.

Die taal wat die tannietjie oor kla is Afrikaans. Sy is Engels. Nie 'n ongewone verskynsel in Engeland nie. Die Afrikaanse toneelstuk is die vreemheid. Oppad teater toe en in oploop na die reenerige Vrydagaand, het ek baie gewonder oor die ontvangs wat David Kramer se "Koos Sas" *, sy nuutste musiek-blyspel, in Londen sou ervaar. Die behoefte om aan iets, 'n plek, 'n taal, mense, te behoort is altyd teenwoordig. Dus het die idee van Afrikaanse teater my onmiddelik opgewonde gehad. Die taal van my familie en my geheue, in 'n Engelse straat, in 'n Engelse stad, in 'n Engelse land.

"Koos Sas," is die verhaal van die laaste Boesman van Montagu. Selfs net hierdie beskrywing roep beelde op uit die droewig mooie Suid Afrikaanse landskap. Wat nog te sê van die verhoog? Laasgenoemde is gestileer soos die Klein Karoo, met geel en rooi skakerings en die indruk van die aarde wat verewig strek. Soos ons plekke in neem hoor ek Afrikaanse geselsies om my zoem. Daar is ook Engelse (en ander) mense in die gehoor. Vir hulle is Engelse bo-skrifte voorsien. (Skerms bo die verhoog met die Engelse vertaling.) Blykend is die betekenis suksesvol oorgedra. Toe te skryf aan die kleurvolle rolvertolking van die akteurs, wat meer as spreektaal kommunikeer. Dit is die verhaal van 'n verdrukte groep Suid-Afrikaners. Van verlies en van moed. Van die brawe "Koos Sas," die laaste Boesman van Montagu en sy liefde vir die landskap, vir Lenie en haar boetie, Skilpad.

David Kramer het my 'n peperduur vliegtuig kaartjie Suid-Afrika toe gespaar. Wat hy en sy akteurs in 'n uur en twintig minute reggekry het was om my huis toe te neem, met woorde, ritmes en beelde. Sou ek nog in Suid-Afrika woon, weet ek dat ek "Koos Sas" sou geniet het, maar ek het dit soveel meer geniet omdat ek ver van die huis af is. Uitdrukkings soos "Ek en my skaduwee, ons dans hier in die stof, vanaand gaan die sterre in die hemel ontplof," kon ek styf om my skouers trek soos 'n kombers, warm en bekend.

Ons almal weet David Kramer is 'n teater legende. Om as Suid-Afrikaner in Londen sy werk mis te loop is soos om nee dankie te sê vir pospakkie biltong van jou ouma af. Maar om "Koos Sas" in London mis te loop sou eenvoudig bitter hartseer wees.

*Koos Sas speel by die Tricycle Theatre in Kilburn High Road tot die 1ste Augustus 2009.

 

 

 

Comment on this Article | Start a forum on this topic

(required)  
(optional)
(required)  
Please enter the code shown above in the box below:
   
Anonymous
24 Jul 2009, 17:34

Staande toejuiging en vierster-resensies is aan die orde van die dag vir twee Suid-Afrikaanse teaterproduksies

Anonymous
31 Jul 2009, 13:52

Ek onthou toe ek die eerste keer vir Dawid Kramer gesien het, kompleet met Rooi vellies en "allstar" gekleurde "supporting band". Was laasjaar met vrystelling van sy nuwe album.  

Hy is darem maar legendaries. so spyt ek het die biltongpakkie misgeloop vir 'n teleurstellende naweek by die Immergroenfees.

14-15 Child's Place, Earl's Court, London, SW5 9RX, UK
Tel: +44 (0) 20 7373 3377 - Fax: +44 (0) 20 7341 6600

© South African Times, part of TNT Publishing Limited